Madoff wanhopig omdat familie hom haat
2011-10-27 17:56
Washington – Bernard Madoff is meer besorgd oor die leed
wat hy sy eie familie aangedoen het as die talle lewens wat hy verwoes het deur sy
kliënte uit miljarde dollars te bedrieg.
Madoff, wat in ‘n gevangenis in North Carolina
aangehou word, het in ‘n onderhoud aan ABC-television gesê dat hy “vreeslike
nagmerries” kry.
Hy sê die gedagte dat hy van sy familie
vervreem is, maak hom wanhopig, maar dat hy “kan saamleef” met die woede van
mense wat hy bedrieg het.
“Om nie my familie te sien nie en om te weet dat
hulle my haat, is vir my die ergste,” het hy gesê.
“Ek het hulle verraai,” sê hy.
Daarenteen is Madoff baie minder besorgd oor
die lot van sy voormalige kliënte, wat hom ten volle vertrou het met hul
finansies.
“Ek kan verstaan hoekom hulle my haat.
“Die soustrein is verby. Daarmee kan ek lewe.
“Die meeste mense dink ek het weduwees en
weeskinders besteel.
“Ek het bloot die rykes nóg ryker gemaak,” het
hy gesê.
Bernard
Madoff is tot 150 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is
daaraan dat hy die grootste beleggingsbedrogskema in die geskiedenis van Wall
Street bedryf het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP