Maaiers laat vliegtuig terugdraai
2010-07-01 03:49
Atlanta – Maaiers wat uit ‘n passasier se handbagasie geval het tydens ‘n vlug in Amerika, het tot gevolg gehad dat ‘n US Airways-vliegtuig in Atlanta moes terugdraai.
Volgens Todd Lehmacher, woordvoerder, het ‘n passasier Maandag ‘n houer vrot vleis in hul handbagasie gehad. Die maaiers het glo kort voor die vliegtuig moes opstyg uit die houer begin val en veroorsaak dat alle passasiers ontruim moes word.
“Die vliegtuig was reeds op die aanloopbaan en moes omdraai sodat dit eers skoongemaak kon word. Die vlug was na Charlotte onderweg,” het Lehmacher.
Die vliegtuig is glo deeglik ontsmet alvorens dit weer gebruik kon word.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP