Ma wat kind verwurg skotvry
2011-07-01 20:14
Londen – ‘n Ma wat haar outistiese kind met ‘n belt
verwurg het, het skotvry daarvan afgekom, berig SkyNews.
Yvonne Freaney het haar kind met 'n belt verwurg waarna sy haar eie lewe probeer neem het.
Die hof het aangehoor dat die 11-jarige Glen
erg outisties was en dat hy nogsteeds doeke gedra het.
Yvonne Freaney, sy ma, is van moord
vrygespreek, maar sal wel vir drie jaar onder die toesig van die Cardiff Crown
Court geplaas word.
Regter Wyn Williams het met psigiaters
saamgestem dat die 50-jarige nie strafbaar gehou kan word nie en dat sy die
daad uit absolute desperaatheid gepleeg het.
Hy het met haar regspan saamgestem dat
tronkstraf nie noodwendig tot haar voor deel sal wees nie.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.