Ma voer kinders, haarself gif
2011-01-26 18:00
Djakarta – ‘n Indonesiese vrou het haar twee kinders roomys met rotgif gevoer voordat sy self pesdoder gedrink het, het ‘n berig Woensdag gesê.
Die 24-jarige vrou, wat as Luh Suciati geïdentifiseer is, was in ‘n ernstige toestand in ‘n hospitaal in Bali. Haar kinders, wat onderskeidelik vier jaar en drie maande oud is, was in ‘n stabiele toestand, het die koerant Jakarta Globe berig.
Bure het Dinsdag by die familie se huis ingebreek nadat hulle die kinders hoor huil het. Die koerant berig dat die bure die ma en haar kinders na ‘n hospitaal geneem het.
Suciati het in ‘n selfmoordbrief, wat die polisie gevind het, haar man om verskoning gevra.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA