Ma versmoor glo kinders
2010-05-19 15:12
Kaapstad – ‘n Britse ma is in aanhouding nadat sy glo haar twee kinders by ‘n bekende Spaanse oord vermoor het.
Daar word beweer dat die kinders, ‘n eenjarige seun en ‘n meisie (5), óf versmoor óf verwurg is.
Die Spaanse media berig dat die ma, wat glo aan ‘n sielsiekte ly, na bewering erken het dat sy die kinders vermoor het.
Die lyke is Dinsdagmiddag in hul hotelkamer in Lloret de Mar aangetref.
- Vir die volledige storie besoek Daily Mail.
Volg Nuus24 op Twitter.