Ma verdedig grimering-tatoeërmerke vir 14-jarige
2010-08-27 01:22
Londen - Die ma van ‘n 14-jarige meisie van County Durham, wat aan skoonheidskompetisies deelneem en grimering-tatoeërmerke op haar gesig gekry het, sê dit was nie vir haar ‘n maklike besluit nie, berig die BBC.
Sophie Watson (14), van Spennymoor, het haar wenkbroue laat tatoeër. Sy het ook lip- en oogomlyner-tatoeërmerke laat aanbring, asook ‘n skoonheidskolletjie.
Haar ma, Joy, sê sy het haar dogter, wat aan skoonheidskompetisies deelneem, toestemming gegee vir dié behandeling.
Lees meer by die BBC.