Ma verbrand glo baba se lykie
2011-03-23 23:00
Sparks (Nevada) - Die polisie in Nevada, Amerika, sê ‘n 26-jarige ma het die lyk van haar nuutgebore dogter verbrand en dit toe in ‘n veld gelos, waar ‘n vrou wat met haar hond gestap het die verbrande lykie gevind het.
Suceli Margarita Ardon is Woensdag in hegtenis geneem. Haar borgtog is op $100 000 (sowat R691 000) gestel.
Volgens die polisie het ‘n nadoodse ondersoek getoon die baba was reeds dood voordat die lykie aan die brand gesteek is.
Dit is egter nie duidelik hoe die kind dood is nie.
Ardon het aan die polisie gesê die kind het sedert haar geboorte gesondheidsprobleme.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP