Ma vas na seun (4) in tuimeldroeër sterf
2010-08-04 17:59
Derbyshire - ‘n 41-jarige vrou is in hegtenis geneem op aanklag van kinderverwaarlosing ná haar vierjarige seun se lyk in ‘n tuimeldroeër gevind is.
Daar word vermoed dat Sonny Gibson in die tuimeldroeër geklim het om wegkruipertjie te speel.
Sy ma, Anne Gibson, en ‘n polisieman het op 26 Julie sy lyk gevind.
‘n Woordvoerder vir die polisie in Derbyshire, het gesê die vrou is in hegtenis geneem in verband met die sorg van Sonny en nie sy dood nie.
Gibson is intussen op borgtog vrygelaat.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter