Ma van moord aangekla ná 'ongeluk'
2010-08-18 05:46
Orangeburg – ‘n Ma wat gesê het haar twee kinders het verdrink toe haar motor in ‘n rivier ingery het, is van moord aangekla.
Shaquan Duley (29) het blykbaar erken dat sy haar twee kinders versmoor het voor die motorongeluk.
Sy het aan ondersoekbeamptes gesê dat sy gespanne was oor geldsake sowel as die feit dat sy werkloos was.
Duley het haar twee seuntjies, 2-jarige Devean C. Duley en Ja'van T. Duley (18 maande), in ‘n motelkamer vermoor nadat sy met haar ma gestry het oor hoe sy hulle grootmaak.
Sy het hulle Maandag in die vroeë oggend ure in haar kar gelaai en die kar by ‘n rivier ingestoot.
Die ongeluk is om 6uur Maandagoggend by die owerhede aangemeld en die kar is uit die rivier uitgetrek.
Die owerhede was egter uit die staanspoor uit agterdogtig aangesien daar nie briekmerke was vaar die kar skynbaar in die rivier ingery het nie.
- SAPA