Ma tronk toe wat eie dogter verkrag
2012-01-16 22:14
Australië – 'n Ma van vier wat haar 11-jarige dogter verkrag en dit verfilm het as 'n vorm van "seksonderrig" is tot vier jaar tronkstraf gevonnis, het GlobalPost.com op hul webwerf berig.
Die 37-jarige vrou van Queensland, Australië het drie films gemaak deur haar selfoon te gebruik. Op die video's kan gesien word hoe sy haar jongste kind verkrag en haar aan ander seksuele aktiwiteite blootstel, het The Sunshine Daily koerant berig.
Regter John Robertson het gesê seksuele misdade teen kinders deur hul eie moeders is ongewoon.
Die hof het gehoor die vrou het die pa van haar vier kinders, wat 16 jaar ouer as sy is, op 14-jarige ouderdom begin sien. Sy het haar eerste kind op 16 gehad.
Sy het haar dogter video's laat kyk wat sy en hul pa aanmekaar gestuur het.
– Volg Nuus24 op Twitter.