Ma steek haarself aan die brand
2011-06-20 20:58
Astana – ‘n Vrou van Kazakstan wat teen die
inhegtenisneming van haar seun betoog het, het haarself by die kantoor van die Nur
Otan-party aan die brand gesteek.
Sy is gehospitaliseer met brandwonde op 95%
van haar liggaam.
Die vrou het by die regerende party se
ontvangslokaal van hul kantoor in Astana ingestap, petrol oor haarself
uitgegooi en haarself aan die brand gesteek.
“Dit was blykbaar gedoen om te betoog teen
haar seun se tronkstraf van 10 jaar,” het ‘n polisiebeampte gesê.
Dit is nie bekend waarvoor die seun die vonnis
ontvang het nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP