Ma skiet haarself, drie dogters
2011-07-13 18:58
New Orleans – ‘n Ma en haar drie dogters is dood in hul huis
in ‘n stil woonbuurt van New Orleans aangetref.
Die lyke van Nadia Braxton en haar drie
kinders, Kayla (12), Nayax (28 maande) en Nyla (6 maande)
het op een bed gelê.
Dit wil voorkom of die kinders se ma hulle
geskiet het voor sy selfmoord gepleeg het, het lt. Wayne McInnis,
polisiewoordvoerder, gesê.
Die pa van die kinders het omstreeks 17:00 die
middag by die huis aangekom en gaan ondersoek instel toe niemand hom groet nie.
Hy het die owerhede gebel toe hy sy familie
dood in een van die kamers aangetref het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AP