Ma sit lewenslank vir moord op buurman
2011-12-06 11:02
Fort Dodge – ‘n Vrou wat haar buurman in die Amerikaanse staat Iowa vermoor het, het volgehou dat sy onskuldig is toe ‘n hof haar tot lewenslange tronkstraf gevonnis het.
Tracey Richter is daaraan skuldig bevind dat sy haar buurman Dustin Wehde in 2001 vermoor het as deel van ‘n "uitgebreide komplot."
Richter (45) beweer sy het Wehde (21) in haar huis geskiet nadat hy en ‘n ander man ingebreek en haar met sykouse gewurg het, het CBS berig.
Sy het kort ná die skietery op televisie verskyn en verduidelik hoe sy Wehde vermoor het om haarself en haar drie kinders te beskerm.
Die jurie en aanklaers sê Richter het die storie opgemaak as deel van ‘n komplot om haar man by die moord te betrek.
Richter is op 7 November op aanklag van moord skuldig bevind.
Sy sê sy sal teen die vonnis appelleer.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter