Ma, dogter in Londen doodgesteek
2010-08-13 16:07
Londen – ‘n Man in sy veertigs is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n ma en haar dogter in die ooste van Londen doodgesteek het, het die polisie Donderdag gesê.
Die dogter, wat vermoedelik rondom 40 jaar oud is, is by ‘n busstop in Beckton omstreeks 07:30 die oggend aangeval. Sy is op die toneel doodverklaar.
Leidrade het die polisie na ‘n huis naby East Ham gelei wat aan die brand was.
Beamptes het die vrou se ma binne die huis gevind. Die ma, wat in haar laat 60’s of vroeë 70’s was, is met steekwonde gevind. Sy is ook op die toneel doodverklaar.
Die man wat van die misdaad aangekla word, is beseer in die solder van die huis gevind.
Hy is in hegtenis geneem en in ‘n ernstige toestand hospitaal toe geneem.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters