Ma blaas daggarook in baba se mond
2011-09-01 19:57
Gilbert, Arizona – ‘n Jong ma
is in hegtenis geneem ná sy haar 10 maande oue babadogtertjie probeer kalmeer het deur marijuana-rook in
haar mond te blaas, berig Huffington Post.
Deel van die bewyse teen Jessica Callaway is ‘n
video-opname wat haar woonstelmaat met ‘n selfoon van die 21-jarige ma gemaak
het.
In dié video skel sy haar babadogter, wat op
die vloer lê en huil.
“Bly f***en stil of ek skop jou in jou mond,” sê Callaway op die video, onbewus daarvan dat haar woonstelmaat haar afneem.
Kort voor dié voorval het sy marijuana in die
baba se mond ingeblaas in ‘n poging om haar te kalmeer.
In haar verweer het sy aan die polisie gesê
dat sy ‘n slegte dag gehad het en nie kon besluit wat sy die aand na ‘n
partytjie sou aantrek nie.
Callaway is op borgtog van $2 700 vrygelaat en
staar drie aanklagtes van kindermishandeling in die gesig.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.