Ma agter tralies wat kinders martel
2010-10-01 14:14
Adelaide – ‘n Australiese ma wat erken het dat sy welsynsgeld op sigarette en dobbelary spandeer het, is Vrydag tot ses jaar tronkstraf gevonnis nadat sy haar kinders uitgehonger, geslaan en verwaarloos het.
Staatsaanklaer Jim Pearce het die hof vertel dat die kinders uitgehonger is en soms geforseer is om op te gooi wanneer hulle geëet het wanneer hulle nie toegelaat is nie.
Die kinders moes ook teen ‘n muur staan en is geslaan as hulle oortree het.
Toe owerhede in Junie 2008 oor die situasie in kennis gestel is, is een kind gehospitaliseer vir hipotermie en al die kinders in sorg opgeneem.
Die vrou mag nie genoem word nie om die identiteit van haar vyf kinders te beskerm.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AP