MIV-positiewe vroue eis ná sterilisasie

2010-09-07 08:48
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Minstens 16 MIV-positiewe vroue eis elk R1 miljoen van die Namibiese regering nadat hulle glo in staatshospitale gedwing is om hulle te laat steriliseer.

Die saak is onlangs in die Namibiese hooggeregshof in Windhoek hervat.

Gillian Parenzee van die AIDS and Rights Alliance for Southern Africa (Arasa) het gister aan Beeld gesê daar is nou gerugte van soortgelyke gevalle in Suid-Afrika.

Volgens Arasa het ’n 2008-verslag deur aktivistegroepe getoon minstens 40 vroue is in Namibiese hospitale gesteriliseer.

Dit is glo die eerste groepsgeding in sy soort in Suider-Afrika.

Die Namibiese departement van gesondheid en maatskaplike dienste voer aan die vroue het “ingeligte toestemming” gegee.

Sommige van die vroue beweer egter hulle was in kraam toe hulle vorms gegee is om te onderteken.

Hulle beweer hulle het nie geweet wat op die vorms gestaan het nie en het glo gevrees hulle sou mediese hulp geweier word as hulle dit nie onderteken nie.

Volgens Arasa is daar geen gesondheidsrede om ’n MIV-positiewe vrou se voortplantingsvermoë te beperk nie omdat antiretrovirale medisyne hul kans om die virus aan hul babas oor te dra feitlik uitwis.

Volgens Michaela Clayton van Arasa, ’n organisasie wat deelneem aan die veldtog teen gedwonge sterilisasie, word dié soort sterilisasie gedryf deur praktisyns “se persoonlike ideologieë oor MIV-positiewe vroue se reg om voort te plant” eerder as openbare gesondheidsoorwegings.

Die veldtog beywer hom die afgelope twee jaar om sulke gevalle oop te vlek.

Verteenwoordigers van Arasa het gister aan Beeld gesê inligting word bymekaargemaak oor beweerde voorvalle in Suid-Afrika.

Volgens Parenzee is dit moeilik om die vroue te oorreed om na vore te kom.

Talle kom van kulture waar hul MIV-status sowel as hul onvermoë om kinders te kry ’n stigma het.

“Ons vermoed daar is ook gevalle van mense wat nie eens weet hulle is gesteriliseer nie,” het sy gesê.

Die Namibiese vroue voer aan daar is onregmatig teen hulle gediskrimineer weens hul MIV-status en hulle is ontneem van hul waardigheid en reg om kinders te baar.

Die hofverrigtinge gaan voort.
 

- Beeld

Lees meer oor: miv/vigs  |  gesondheid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarel sê... Hoor hoor!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

REFUNDS CLERK

Cape Town: Northern Suburbs
Quantex Executive Recruitment
Market Related

Business Analyst

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

ACCOUNTS CLERK

Cape Town, South Africa
Quantex Executive Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY02
2007
R 124,900.00

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 157,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Ghost Recon Future Soldier

Vanaf: R349.95

Beplan, vernietig, infiltreer. Verloor jouself in die toekoms van oorlogvoering, word 'n Future Soldier met Gost Recon.Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.