Lyke onderstebo van brug af gehang
2010-08-23 21:25
Mexiko-stad – Vier koplose, verminkte lyke is onderstebo van ‘n brug oor ‘n besige straat buite die hoofstad van Mexiko, opgehang.
Die lyke is vroeg Sondagoggend gevind.
Hulle het onderstebo van die brug, wat in ‘n spog-buurt ‘n uur buite Mexiko-stad is, gehang.
Die mans se koppe, genitalieë en indeks vingers is afgesny.
Die koppe en geslagsdele is naby die brug opgespoor, saam met ‘n uithangbord wat lui: “Dié sal met enigiemand gebeur wat die verraaier Edgar Valdes help.”
Edgar Valdes is ‘n bekende Mexikaanse mafiabaas.
Die nota was deur die C.P.S (die South Pacific Cartel), wat onlangs verantwoordlikheid vir ‘n aantal grusame moorde aanvaar het, geteken.
Volg Nuus24 op Twitter.