Lyke in plastieksakke gevind
2012-02-03 12:05
San Salvador, El Salvador – Die polisie het die lyke van sewe mense in die dorp Sonsonate in vullissakke gevind.
Onder die slagoffers is die voormalige professionele sokkerspeler Ladislao Nerio.
Luidens 'n verklaring wat Donderdag deur die polisie uitgereik is, was al die slagoffers se hande en voete vasgebind.
Die polisie het reeds verskeie mense in verband met die moorde in hegtenis geneem, maar wou nie die verdagte identifiseer nie.
Volgens die polisie in Sonsonate is hulle besig om vas te stel of bendes moontlik by die misdade betrokke is.
Sowat 20 000 inwoners in Salvadore is deel van bendes.
Nerio het vir verskeie klubs in El Salvador gespeel voordat hy in 2009 uitgetree het.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP