‘Lyke in Jamaika gebrand’
2010-05-28 10:20
Kaapstad – Sekuriteitsmagte het glo die lyke van slagoffers in Jamaika uitgebrand, het inwoners gesê.
Dít kom nadat magte hul aanslag verskerp het om die vermeende dwelmbaas, Christopher “Dudud” Coke, te vang.
Maar Glenmore Hinds, Kingston se adjunk-kommissaris van die polisie het hierdie gerugte ontken.
Owerhede in Jamaika het alle pogings aangewend om Coke die afgelope naweek in hegtenis te neem. Altesaam 67 mense is dood nadat ‘n skietery tussen die polisie en bendelede wat getrou is aan Coke, ontstaan het.
- Vir die volledige storie besoek CNN.
Volg Nuus24 op Twitter.