Lyk van matroos gevind, 45 steeds vermis
2010-04-03 16:04
Seoel - Die lyk van een van die 46 matrose wat verlede maand vermis geraak het nadat hul skip gesink het is opgespoor, het Suid-Korea se weermag gesê
Die lyk is glo Saterdag gevind nadat daar vir dae gesoek is vir oorlewendes.
Die 1 200 ton Cheonan vlootskip het gesink ná ‘n ontploffing op 26 Maart gedurende ‘n roetine patrollie.
58 bemanningslede, insluitende die kaptein, is gered.
45 matrose is steeds vermis.
- Sapa-AP