Lyk onder vliegtuig se wiel gevind
2010-07-11 05:40
Beiroet - Werkers by 'n lughawe in Riaad die oorskot van 'n lyk op die wiele van 'n vliegtuig gevind wat Saterdagoggend uit Beiroet geland het, het 'n bron by die lughawe gesê.
Volgens die bron het sommige passasiers aan boord die Nas Air-vliegtuig gesê hulle het 'n man met 'n rugsak na die vliegtuig sien hardloop kort ná dit in Beiroet opgestyg het.
Hulle het die vlieënier gesê wat hulle gesien het, maar die vlug na Saoedi-Arabië het voortgegaan en die lyk is gevind eers ná die vliegtuig geland en ondersoek is.
Owerhede in Libanon en Saoedi-Arabië is besig om die identiteit van die oorledene vas te stel.
Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters