Lyk lê tien jaar lank onder rusbank
2010-04-21 14:37
Kaapstad - 'n Lyk wat amper tien jaar lank onder 'n rusbank in 'n woonstel gelê het, is gevind.
Die dooie man, Denis Pring (73), het onder die rusbank in Alan Derrick se woonstel in Bristol, Engeland, gelê.
Derrick, wat glo leerprobleme het, het die heeltyd geweet dat Pring onder die rusbank lê, maar wou nie die polisie van sy dood vertel nie.
Pring, wat glo tussen April en Junie 1998 dood is, het destyds by Derrick gaan bly nadat Pring nêrens gehad het om te gaan nie.
Toe Pring skielik dood is, het Derrick angstig geraak en was bekommerd dat hy uitgeskop sou word.
Hy het die lyk met kussings en twee rusbanke bedek en in die woonstel vir die volgende tien jaar aangebly, sonder om Pring se dood te rapporteer.
Kliek hier vir die volledige berig.