Luiperd beseer 11 voor hy vrek aan meswonde
2011-07-20 18:13
Kolkata – ‘n Luiperd wat 11 mense in ‘n Indiese dorp aangeval het, is in aanhouding dood aan meswonde.
Die volwasse luiperd het inwoners en wildbewaarders in die dorp Prakash Nagar bespring toe hulle die grommende dier terug in ‘n vryplaas in Wes-Bengal probeer jaag het.
Dharma Dev Rai, een van die bewaarders, het gesê inwoners het messe, klippe en knuppels gebruik om die reuse-kat terug te hou.
Die luiperd het ses inwoners, ‘n polisielid en vier wildbewaarders beseer voor hy met ‘n geweer, gelaai met ‘n kalmeermiddel, geskiet is.
Die luiperd het binne ure gevrek.
Die voorval het naby Siliguri, sowat 600 km van Kolkata, plaasgevind.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP