Lughawe-sekuriteit wêreldwyd hersien

2010-11-02 09:00
Tweets Share Share line Print

Londen – Regerings en lugdienste oor die wêreld heen het Maandag sekuriteitsmaatreëls in heroënskou geneem nadat pakketbomme van Jemen na Amerika in onderskeidelik Doebai en Brittanje onderskep is.

Die Britse premier, David Cameron, het ’n krisiskomitee saamgestel om te besluit oor Brittanje se reaksie nadat een van die pakkette Vrydag op ’n vragvliegtuig van United Parcel Service by die East Midlands-lughawe noord van Londen gevind is.

Die ander bom is in ’n rekenaardrukker se inkmagasyn ontdek in ’n pakket by die FedEx-fasiliteit in Doebai. Dié vonds blyk ’n skuiwergat in lugvrag-sekuriteit te wees wat passasiers se lewe in gevaar kan stel.

“Lugvrag word steeds beskou as die achilleshiel van die lugvaartbedryf,” het ’n kenner van lugvaartsekuriteit, Chris Yates, aan BBC gesê.

Qatar Airways het bevestig die Doebai-pakket is vervoer op een van sy passasiersvliegtuie van Sanaa in Jemen via Doha.

Cameron het Saterdag gesê die bom wat in Brittanje gevind is, was ontwerp om ’n vliegtuig uit die lug te blaas.

Die komplot kan oproepe versterk vir ’n toename in gebruik van beeldtegnologie wat plofstof kan opspoor, maar vragvervoerfirmas is onwillig om die onkoste van dié verbeterings te dra.

Hulle het verlede jaar met Amerikaanse en Europese beleidmakers koppe gestamp oor oproepe vir 100% skandering van seehouers. Planne vir volle skandering van 2012 is uitgestel.

Die Britse minister van binnelandse sake, me. Theresa May, sou Dinsdag die parlement inlig oor die bomkomplot en het Sondag gesê sekuriteitsmaatreëls rondom internasionale lugvrag in Brittanje sal hersien word.

Michael O’Leary, uitvoerende hoof van die Europese lugdiens Ryanair, het ’n beroep om gesonde verstand gedoen en gesê verdere sekuriteitsbeperkings op passasiers sal ondoeltreffend wees.

“Ons het lagwekkende regulasies in die afgelope jare gehad waar ons vroue se lipstiffies en bottels water van meer as 100mF gekonfiskeer het en mense hul skoene laat uittrek het. Dit het absoluut geen uitwerking op sekuriteit nie,” het hy aan die BBC gesê.

Beperkings op die dra van vloeistowwe is in 2006 ingestel ná die ontdekking van ’n Al-Kaïda-geïnspireerde komplot om transatlantiese vlugte op te blaas deur die gebruik van plofstofmateriaal wat as koeldrank verbloem is.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: lughawens  |  terrorisme  |  sekuriteit

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ernst sê... Dit lyk vir my of daar geen einde aan die die knegskap en jammer sê is nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.