Lufthansa Cargo-vliegtuig val
2010-07-27 13:21
Riyadh - ‘n MD11-vragvliegtuig van die Duitse lugdiens, Lufthansa Cargo, het in Riyadh by die King Khaled-lughawe neergestort.
Volgens die plaaslike telvisiestasie het die voorval Dinsdagoggend plaasgevind terwyl die vliegtuig gereed gemaak het om te land.
Die vlieënier en sy medevlieënier is na ‘n naby geleë hospitaal vervoer, het die Saoedi-Arabiese Burgerlugvaartowerheid gesê.
‘n Woordvoerder vir Lufthansa Cargo in Frankfurt het bevestig dat beide bemanningslede mediese behandeling ontvang.
Na bewering het swart rook uit die vliegtuig begin borrel toe dit gereed gemaak het om te land. Die vliegtuig het kort daarna geval en in twee stukke gebreek.
Nooddienswerkers was spoedig op die toneel.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP