Londense vrou vas vir moord, aanranding
2011-10-10 18:28
Londen – ‘n Vrou is in hegtenis geneem nadat ‘n ander vrou in Bexleyheath, in die suide van Londen, doodgesteek is.
Sky News berig die polisie is Maandag om 08:30 na ‘n parkeerterrein buite ‘n kegelbalbaan in Albionweg, Bexleyheath, ontbied.
Die slagoffer, tussen die ouderdom van 40 en 50, het steekwonde aan haar nek gehad. Sy is op die toneel dood.
‘n Ander vrou is buite ‘n nabygeleë Asda-winkel met ligte steekwonde aangetref.
‘n Derde vrou is vasgetrek in verband met die moord en aanranding.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter