Londen toe in onderstel van vliegtuig
2010-06-10 12:21
Wene – ’n Man wat in die onderstel van ’n vliegtuig weggekruip het, het ’n vlug na Londen oorleef.
Polisiehoof Leo Lauber het gesê die man, ’n 20-jarige Roemeen, het aan Britse owerhede vertel dat hy deur ’n gat in die heining by die lughawe gekruip het en toe in die landingstoestel van die straler geklim het.
Die vliegtuig behoort aan ’n sjeik van die Verenigde Arabiese Emirate en het die Oostenrykse hoofstad Sondagnag verlaat.
Nadat die vliegtuig op Heathrow geland het, het die man blykbaar uit die onderstel geval en hy is daar en dan gearresteer.
Die man is glo Engeland toe om werk te soek.
- Sapa - AP