Londen se moltrein-bestuurders staak binnekort
2011-05-04 17:52
Kaapstad – Bestuurders van Londen se ondergrondse treine beplan 'n reeks stakings later vandeesmaand en in Junie, ná die afdanking van twee kollegas.
Die Spoor, Maritieme en Vervoervakbond in Londen sê die staking sal tussen die 16de en 20ste Mei plaasvind, en dan weer tussen die 13de en 17 Junie.
RSG berig dat sowat 1 500 drywers sal deelneem, wat die grootste ontwrigting sedert 2010 tot gevolg sal hê.
Die vakbond sê die afdankings wat verband hou, is duidelike voorbeelde van viktimisasie.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.