Londen: 20-jarige vas wat glo Indiese student skiet
2012-01-01 23:06
Londen – Die Britse polisie het Sondag 'n 20-jarige man van die moord op die Indiese student Anuj Bidve aangekla.
Bidve is in Manchester in sy kop geskiet terwyl hy saam met van sy vriende in die middestad gestap het.
'n Saak is teen ene Kiaran Mark Stapleton aanhangig gemaak, het die Manchester-polisie gesê.
"Hierdie bly 'n komplekse ondersoek en die feit dat ons 'n saak teen iemand gemaak het, beteken nie die ondersoek is voltooi nie," het Dawn Copley, assistent-hoofkonstabel, gesê.
"Anuj se familie, wat steeds in Indië is, is daarvan bewus gemaak dat ons 'n saak teen iemand gemaak het in verband met Anuj se moord," het sy bygevoeg.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP