Ligte aardbewing skud Italië
2011-07-25 20:03
Rome – ‘n Ligte aardbewing van 4.3 op die
Richterskaal is in die noordweste van Italië naby die stad Turin gevoel.
Dit is steeds die sterkste skudding wat dié
distrik in die Italiaanse Alpe in jare getref het.
Die brandweerdienste het honderde oproepe
ontvang, maar daar is tot dusver nog geen berigte van ernstige skade of
ongevalle nie.
Treindienste in die omgewing van die
episentrum van die aardbewing is vir eers gekanselleer terwyl beamptes die
spoorweg vir skade ondersoek.
Kenners het gewaarsku dat daar naskokke
kan wees.
“Die episentrum was in Cubiana, sowat 25 km
onder die oppervlakte,” het Enzo Boschi, hoof van die Italiaanse Instituut van
Geologie, gesê.
Cubiana is ‘n klein dorpie suidoos van Turin.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP