Liggaam in onderstel van vliegtuig gevind
2010-02-08 09:44
Tokio – Owerhede in Japan het ‘n man se liggaam in die onderstel van ‘n Delta-lynvliegtuig gevind, wat vanaf New York in Tokio geland het.
Japan soek nou hulp vanaf Amerika om die man, wat ‘n donker gelaatskleur het, en net ‘n blou denim en ‘n langmou-hemp aangehad het, te identifiseer. Hy het ook nie ‘n paspoort of persoonlike besittings op hom gehad nie.
‘n Werktuigkundige het die liggaam in die onderstel van Boeing 777 gekry, het ‘n polisiewoordvoerder gesê.
“Volgens dokters kon die man moontlik doodgevries het, en ‘n tekort aan suurstof teen ‘n hoogte van 10 000m ervaar het,” het Yoshimi Ichihara, ‘n ander polisiebeampte by die Narita-lughawe, gesê.
- Sapa-AFP