Lig verbod op gays in weermag, sê hof
2011-07-07 11:01
San Francisco – ‘n Amerikaanse appèlhof het die Obama-administrasie beveel om die verbod op openlik gay mans en vroue in die weermag op te hef.
Die Amerikaanse appèlhof het die vorige beslissing wat die regering toegelaat het om dié reël toe te pas, teruggetrek.
Barack Obama, president van die VSA, het voorheen die reël teruggetrek en gay weermagpersoneellede is toegelaat om hul seksualiteit openlik uit te leef. Die reël word egter steeds wyd toegepas.
Drie regters by die hof in San Francisco het gesê die reël moet teruggetrek word aangesien die Obama-administrasie in Desember verlede jaar gesê het dit is ongrondwetlik om die wet te gebruik om teen gay Amerikaners te diskrimineer.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.