Lewenslank vir Palestiniër wat sendeling vermoor
2011-11-24 19:37
Jerusalem – ‘n Hof in Israel het ‘n Palestynse man lewenslank
tronk toe gestuur nadat hy daarvan skuldig bevind is dat hy ‘n Amerikaanse sendeling
in ‘n woud naby Jerusalem doodgesteek het.
Kristine Luken (44) was saam met ‘n vriendin,
Kaye Wilson, op ‘n staptog in die woud toe die voorval plaasvind.
Die slagoffer se vriendin woon in Israel
terwyl Luken die land as ‘n sendeling besoek het.
Aanklaers het gesê dat Luken se aanvallers
gedink het sy is Joods.
Die gevonnisde Kifah Ghneimat was een van drie verdagtes in
die saak.
Hulle is na bewering ook verantwoordelik vir ‘n
klomp ander misdade, onder andere moord.
Wilson is ook tydens die aanval gesteek, maar
sy’t stil gelê en gemaak asof sy dood is.
Luken, wat van Texas afkomstig was, se ouers
het die hofsaak bygewoon.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA