Landmyne eis vyf soldate
2010-05-02 04:04
Bogotá – Minstens vyf soldate is dood en ses beseer toe hulle in ‘n landmyn-slagveld in die suide van Colombia ingeloop het, het amptenare Saterdag gesê.
“Dit was ‘n lafhartige daad deur FARC-terroriste,” het Gabriel Silva, die minister van verdediging, aan joernaliste gesê.
Volgens ‘n militêre woordvoerder in Putumayo het die rebellegroep FARC landmyne in ‘n veld naby die dorp Alto Lorenzo geplant, waar hulle geweet het lede van die weermag gaan patrolleer.
Botsings tussen rebelle en die weermag kom gereeld voor op die grens tussen Colombia en Ecuador, met FARC-rebelle wat hierlangs probeer ontsnap.
- Sapa-AFP
Volg Nuus24 op Twitter