Landmyn eis twee
2009-10-05 09:56
Diyarbakir, Turkye – Twee Koerdiese mense is dood nadat ‘n bus Maandag oor ‘n landmyn in suidoos Turkye gery het, het ‘n bron van die weermag gesê.
Plaaslike amptenare het Sondagaand se ontploffing by Beytussebap in Sirnak provinsie op die Koerdiese Werkersparty (PKK) blameer.
Die PKK plant gereeld tuisgemaakte bomme op paaie wat deur die weermag gebruik word.
Die bus was onderweg om voorraad na ‘n millitêre basis te neem toe dit oor die landmyn gery het.
Die busbestuurder en ‘n passasier is in die ontploffing dood, het die bron gesê.
Sowat 45 000 mense is dood sedert 1984, toe die PKK geweldadig teen Ankara begin raak het oor beheer in die suidooste.
Die PKK word deur Turkye, Amerika en die Europese Unie as ‘n terroristegroep gesien.
- Sapa-AFP