Onnie hou kinders kalm tydens skietgeveg
2011-05-30 22:59
Mexiko-stad – Die Mexikaanse regering het ‘n kleuterskool-onderwyseres vereer vir die manier waarop sy die kinders kalm gehou het tydens ‘n
skietgeveg naby hulle skool.
‘n Video wat tydens die voorval gemaak is, het
baie vinnig gewild geword op die internet.
Die regering van Nuevo Leon het ‘n geraamde
sertifikaat vir “uitmuntende burgerlike braafheid” aan die onderwyseres, Martha
Rivera Alanis, oorhandig.
‘n Video op YouTube wys hoe Rivera die 15
kinders kalm hou deur hulle ‘n Barney-liedjie te laat sing terwyl geweerskote
in die agtergrond gehoor kan word.
Volgens
paramedici is vyf mense is Vrydag by ‘n taxi-staanplek naby die skool doodgeskiet.
Kyk self na die video:
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP