Kunsdiewe wat by vriend steel vas
2011-08-22 22:10
Berlyn – ‘n Paartjie wat verantwoordelik was vir die
diefstal van duisende kunswerke het die polisie gehelp om dié werke deur
Europese meesters weer terug te kry.
Beamptes in Waldshut in die suidweste van
Duitsland het gesê die paartjie het erken dat hulle 93 skilderye en tekeninge
by ‘n
81-jargie vriend en versamelaar gesteel het.
Werke deur Pablo Picasso, Wassily Kandinsky, Otto Dix, Max Beckmann en ander het een vir een uit hul 'vriend' se versameling verdwyn.
Hulle het die werke, wat by beraming sowat $2.3
miljoen (R23 miljoen) werd is, oor ‘n tydperk van maande gesteel.
“Sowat ‘n jaar gelede het die versamelaar
agtergekom twee skilderye, wat onlangs deel was van ‘n uitstalling in
Karlsruhe, is weg,” het die polisie in ‘n
verklaring gesê.
Hy het ondersoek ingestel en gevind dat daar
duisende werke uit sy versameling weg is.
“Dit was vir die polisie ‘n raaisel, aangesien
daar glad nie enige aanduiding van ‘n inbraak by sy huis in die Swartwoud was
nie.”
Dit was duidelik iemand wat die versamelaar
geken het, en na ‘n deeglike ondersoek, het die polisie ‘n paartjie van die
Oekraïne in hegtenis geneem.
Die paartjie het skuld erken en die kopers van die skilderye en tekeninge is opgespoor.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP