Kuberkrakers teiken Turkse regering
2011-06-14 21:07
Ankara – ‘n Groep van 32 vermeende
kuberkrakers, wat
daarvan beskuldig word dat hulle die Turkse regering geteiken het, is in hegtenis geneem.
Die groep
het dit blykbaar gedoen uit protes teen die sensuur wat die Turkse regering op
die internet toepas.
Nege van die kuberkrakers was minderjarig en is onmiddellik weer vrygelaat.
Die groep, Anonymous, het reeds ‘n naam vir
hulself gemaak deur ‘n reeks aanvalle op die Kerk van Sciëntologie te loods.
Hulle het nog meer beroemd geraak ná hulle maatskappye wat skynbaar teen Wikileaks gekant was, geloods het.
Die groep kuberkrakers het op
verskeie Turkse webblaaie gefokus, insluitend die Turkse telekommunikasie-reus,
TIB, wat internetgebruik in die land reguleer.
TIB het ook die Turkse regering gehelp om
sensuur op sekere webblaaie in Turkye toe te pas.
Webblaaie wat as te seksueel geag word, of wat
die land se president beledig, word deur die regering geblok.
Vol Nuus24 op Twitter.