Kuberkraker in Slowenië vasgetrek
2010-07-29 03:35
Ljubljana - Die polisie in Slowenië het bevestig dat hulle 'n kuberkraker in hegtenis geneem het wat glo 'n virus geskep wat meer as 12 miljoen rekenaars wêreldwyd affekteer het.
Leon Keber, 'n polisiewoordvoerder, het gesê die man is in hegtenis geneem en ondervra.
Die FBI het Dinsdag aan AP gesê 'n 23-jarge Sloween, bekend as Iserdo, is tien dae gelede in Maribor in noordwestelike Slowenië opgetel ná 'n ondersoek deur die polisie, FBI en Spaanse owerhede.
Keber het gesê die polisie en die FBI sal Vrydag 'n mediakonferensie in Slowenië hou oor die saak.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP