Kruisbeelde "skend menseregte"
2009-11-03 19:47
Strasbourg - Europa se regbank vir menseregte sê die tentoonstelling van kruisbeelde in Italiaanse publieke skole skend godsdienstige en opvoedkundige vryheid.
‘n Paneel van sewe regters het die klag deur Soile Lautsi van Italië ondersteun.
Sy dring daarop aan dat kruisbeelde publieke skole se beleid van sekulêre onderrig, ondermyn.
Lautsi, een van die skool se ouers, het aangedring dat die kruisbeelde in ‘n publieke skool in die noorde van Italië, verwyder word.
Volgens die beslissing, sal Lautsi ‘n som van R58 233 van die Italiaanse regering ontvang.
Die hof het egter nie beveel dat die kruisbeelde verwyder moet word nie.
- Sapa