Kragtige vulkaan bult spiere in Indonesië
2010-10-25 10:21
Djakarta - Indonesië het gewaarsku dat sy kragtigste vulkaan enige tyd kan uitbars.
Duisende mense wat op die hange van berg Merapi woon is genoop om inderhaas die gebied te verlaat. Aktiwiteit van die vuurspuwende berg, wat bykans drie kilometer hoog is, het die afgelope week skerp toegeneem.
Kenners het gewaarsku dat indien die berg uitbars, lawa aan die suidelike kant sal afloop wat die lewens van meer as 11 000 mense bedreig.
Berg Merapi het laas in 2006 uitgebars wat die lewens van twee mense geëis het. In 1994 is 60 mense tydens 'n soortgelyke voorval dood en in 1930 is 1300 dood.
Volg Nuus24 op Twitter