Kosovo: 7 sterf in sneeustorting, kind oorleef
2012-02-12 14:28
Mitrovica – Minstens sewe mense het in ‘n sneeustorting in ‘n bergagtige gebied in die suide van Kosovo gesterf, het beamptes gesê.
Luidens berigte word drie mense steeds vermis, maar ‘n vyfjarige meisie is uit die sneeu gered.
Behar Ramadani, plaaslike distriksbeampte, sê die meisie is bevry nadat die sneeustorting Saterdag sewe huise in die dorp Restelica platgeslaan het.
Die reddingswerkers het eers die lyke van ‘n egpaar en hul 17-jarige seun opgegrawe. Nog vier lyke is later gevind.
Die ysige weer het reeds tot honderde sterftes van oor Europa gelei.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP