Korrupte polisiebeamptes vas vir afpersing
2011-06-09 17:40
Athene – Twee senior polisiebeamptes is in hegtenis
geneem op aanklagte daarvan dat hulle besighede afgepers het.
‘n Hele klomp kafees, restaurante en nagklubs
in die suide van Athene is gedwing om ‘n maandelikse fooi van sowat
R13 000 aan die polisiebeamptes te betaal.
Een van die polisiebeamptes was die hoof van
dié welgestelde area van die hoofstad se polisiekantoor.
Die polisiebeamptes is geskors en die saak is na ‘n
staatsaanklaer verwys.
Die bestuurders van die besighede wat die fooie
betaal het, sal ook aangekla word.
Een van die polisiebeamptes se vrou was
blykbaar deel van die swendelary.
Die polisie is ook op soek na ‘n derde
polisiebeampte, wat blykbaar die bestuurders met fisieke geweld gedreig het as hulle
geweier het om te betaal.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP