Konserwatiewe burgemeester takel minirompe
2010-10-26 12:10
Rome - Net hoe klein kan 'n miniromp wees?
As die burgemeester van 'n klein Italiaanse dorp sy sin kry sal wetstoepassers, nie modekenners, hieroor besluit.
Die burgemeester van die suidelike kusdorp van Castellammare di Stabia het Maandag sy sin gekry toe die stadsraad 'n verbod op sokkerwedstryde in openbare parke en pleine, uitbundige lastering en "baie skrapse klere", goedgekeur het, berig die ANSA-nuusagentskap.
Luigi Bobbio, burgemeester, het gesê minirompe en ander uitlokkende uitrustings sal steeds toegelaat word, solank dit nie té ontblotend is nie,
"Dit is 'n saak van gesonde verstand, van ordentlikheid."
'n Handvol vroulike politici het Maandag voor die stadsaal betoog, maar net 'n paar het minirompe gedra.
Mans word ook nie toegelaat om sonder hempde rond te loop nie.
Die maatreëls is onmiddellik van krag en 'n boete van €500 kan opgelê word vir oortredings.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP