Konflik tussen Iran en Israel sal SA raak

2012-02-04 10:13
Tweets Share Share line Print

Den Haag – Oorlog tussen Iran en Israel kan groot ekonomiese implikasies vir Suid-Afrika inhou aangesien Suid-Afrika sy meeste ru-olie uit Iran kry.

Selfs Suid-Afrika se goeie bande met Iran gaan hom nie red van dié gevolge van ’n konflik nie, wat blykbaar so vroeg as April reeds kan losbars, het Jo-Ansie van Wyk van Unisa se departement politieke wetenskap Vrydag gesê.

“Dit is nog nie ’n geval van oorlogwolke wat saampak nie, maar dat daar erge konflik dreig, is gewis,” het sy gesê.

Volgens haar sal die Suid-Afrikaanse publiek die uitwerking in ’n skerp verhoging in die petrolprys aan sy bas voel.

Die afgelope paar dae het dié aanduidings uit alle oorde verskerp nadat Israel dit onomwonde gestel het dat Iran se kernwapenvermoë gestaak moet word voordat dit te laat is.

Volgens die Amerikaanse dinkskrum, die Enterprise-instituut, kan Iran teen Augustus reeds oor die vermoë beskik om ’n kernbom van 15 kiloton te bou.

Met Iran se huidige voorraad verrykte uraan kan hy teen 2015 reeds vier of vyf van die bomme tot sy beskikking hê.

Israel se adjunkpremier, mnr. Moshe Yaalon, het vandeesweek gesê ’n ontploffing by ’n Iranse missielbasis in November verlede jaar was deel van ’n program om ’n nuwe missiel te bou met ’n reikafstand van 10000km.

Dit het gister gegons van dié soort bespiegeling in die internasionale media.

Moontlik die beste aanduiding was ’n toespraak van die Israelse minister van verdediging, Ehud Barak, op ’n veiligheidsforum in Herzliya. Daar het hy reguit gesê die tyd raak min om Iran te keer. “Wie ook al sê ‘later’, kan vind dat later te laat is.”

Gister het die Washington Post eweneens, blykbaar op grond van binne-inligting uit die Amerikaanse regering, berig dat dié land se minister van verdediging, Leon Panetta, vrees dat Is- rael in April, Mei of Junie ’n reeks lugaanvalle op kerninstallasies sal doen. Israel het Amerika glo verlede maand versoek om militêre oefeninge wat in Mei sou plaasvind, uit te stel omdat hy nie hulpbronne daaraan kon afstaan nie.

Die Amerikaanse reaksie was om die hoof van die weermag, genl. Martin Dempsey, na Jerusalem te stuur om die Israeli’s te waarsku dat Washington nie só ’n aanval sal steun nie.

Pres. Barack Obama wil die sanksies wat sy land en die Europese Unie onlangs teen Iran afgekondig het (dit sluit onder meer ’n olieboikot in) eers kans gee om te werk.

Die Israeli’s wil egter nie te lank wag nie.

Kenners van die Midde-Ooste wys daarop dat Israel vir sy voortbestaan vrees. Pres. Mahmoed Ahmadinedjad van Iran en die ajatollas wat oor Iran regeer, maak geen besonder rasionele indruk nie, en die Israeli’s is bang dat die afskrikkingstrategie wat goed in die Koue Oorlog gewerk het, nie op Iran van toepassing is nie.

Een groot kernbom op Tel Aviv kan twee derdes van die Israelse bevolking uitwis.

Volgens die Washington Post meen die Israeli’s dat hul eie veldtog binne sowat vyf dae afgehandel kan wees. Hulle verwag dan ’n stortvloed missiele van Hisbolla in die suide van Libanon en van Hamas in die Gasastrook, wat tot sowat 500 Israelse sterftes kan lei, maar dis beter as totale uitwissing, sê hulle.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: iran  |  israel

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ernst sê... Dit lyk vir my of daar geen einde aan die die knegskap en jammer sê is nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.