Kommer in Swede oor snoerwet

2012-01-31 09:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Bang joernaliste is swak joernaliste.

En met swak joernaliste kry jy ’n swak demokrasie, het regter Goran Lambertz van die Sweedse hooggeregshof gister op ’n seminaar oor die Wetsontwerp op Staatsinligting gesê.

Die seminaar, met die tema Staatsgeheime versus Menseregte, is deur die Instituut vir Sekerheidstudies in Woodstock aangebied.

Swede is bekend om sy beleid van deursigtigheid in die openbare sektor en toegang tot inligting.

Lambertz het gesê die debat in Suid-Afrika oor die wetsontwerp word met belangstelling in Europa, maar veral in Swede, gevolg. Die algemene gevoel in Swede oor die wetsontwerp is een van kommer.

Volgens hom moet die vraag gestel word waarom spraakvryheid belangrik is.

“Spraakvryheid is belangrik, maar só ook die gevoel van vryheid. Dit gaan oor die noodsaaklikheid van ’n demokrasie om sy politieke en openbare mag genoeg deur ’n vrye media te laat ondersoek.

“Daar moet iemand wees wat moontlike korrupsie en ongerymdhede met openbare kwessies blootlê.

“As daar geen ondersoek van dié mag is nie, sal die demokrasie vinnig baie van sy gehalte en geloofwaardigheid verloor.”

Volgens hom beteken ’n demokrasie nie bloot dat almal stemreg het nie.

“Dit gaan daaroor dat die kiesers inligting het oor wat aangaan, daarom moet die media vry wees om te publiseer en nie ontmoedig word deur dreigemente van strawwe as hulle te veel publiseer, of in besit is van inligting wat hulle nie behoort te hê nie.

“Bang joernaliste is swak joernaliste en met swak joernaliste kry jy ’n swak demokrasie.” Lambertz het egter daarop gewys dat mediavryheid nie onbeperk kan wees nie.

“Daar is belangrike inligting wat beskerm moet word.”

Ofskoon die wetsontwerp goed geskryf is, pla sekere kwessies hom (sien kassie).

Mukelani Dimba, adjunk- uitvoerende direkteur van die Open Democracy Advice Centre, het gesê sommige fluitjieblasers is nou reeds versigtiger om inligting aan joernaliste te gee – selfs voordat die wetsontwerp in die wetboeke vervat is.
 
* Nkwame Cedile van die Right To Know-veldtog het oor berigte dat op dié organisasie gespioeneer word, gesê hulle het niks om weg te steek nie.

Dís wat pla

Redes vir Sweedse regter se kommer oor Wetsontwerp op Staatsinligting:

Joernaliste en fluitjieblasers kan gestraf word vir goed wat nie die straf regverdig nie.

Sekere bepalings word nie duidelik gedefinieer nie.

Die wetsontwerp bevat geen vrywaring vir die media nie.

Die voorgestelde strawwe is baie erg.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: mediavryheid  |  inligtingswet  |  media

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ernst sê... Dit lyk vir my of daar geen einde aan die die knegskap en jammer sê is nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.