Kolkata: Dodetal styg ná brand in hospitaal
2011-12-09 13:16
Kolkata – Minstens 62 mense het gesterf en talle ander is beseer in ‘n massiewe brand wat by die AMRI-hospitaal in die suide van die stad uitgebreek het.
Mamata Banerjee, hoof-minister van die staat Wes-Bengal, sê die “nalatigheid is ‘n onvergeeflike misdaad,” het The Times of India berig.
Hy sê mense wat verantwoordelik is vir die brand sal swaar gestraf word.
Banerjee het bygevoeg dat die hospitaal se lisensie met onmiddellike effek gekanselleer sal word.
“Spoedige aksie sal teen die hospitaal geneem word ná ‘n ordentlike ondersoek,” het hy gesê.
Volgens hospitaalbeamptes is amper 160 pasiënte in die hospitaal se Dhakuria-gebou opgeneem. Dié brand het vroeg Vrydagoggend hier uitgebreek.
Slegs 85 pasiënte is gered en na ander eenhede geskuif, het die koerant berig.
Die hospitaal kon nie die toestande van die oorblywende 75 pasiënte bevestig nie.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter