Kokaïen van R2.4 miljard in Italiaanse hawe gevind

2010-11-16 09:40
Tweets Share Share line Print

Rome – Die Italiaanse polisie het Maandag beslag gelê op kokaïen met ’n straatwaarde van tot €250miljoen (R2.4 miljard) in ’n houer wat van ’n handelskip afgelaai is, het die polisie hier gesê.

Die deursoeking van die skip, wat van Brasilië af gekom het, was deel van ’n gesamentlike operasie met die Britse polisie.

“Dit is die grootste dwelmvonds in Italië die laaste 15 jaar,” het Salvatore Cagnazzo, bevelvoerder van die Carabinieri-paramilitêre polisie wat in beheer van die ondersoek is, gesê.

Die kokaïen, met ’n straatwaarde van tussen €200miljoen en €250miljoen, was versteek in vier trekkers wat in die hawe Gio­ia Tauro in die suide van Italië afgelaai is.

“Ons het die operasie met behulp van Soca (die Britse agentskap teen ernstige georganiseerde misdaad) uitgevoer,” het Cagnazzo ­gesê. “Toe ons die trekkers deur skandeerders geplaas het, het ons die dwelms in die metaalpype gevind.”

Ondersoekbeamptes het gesê die dwelmvonds bevestig die ontstaan van ’n nuwe dwelmsmokkelroete deur die suidelike Italiaanse streek Kalabrië, waar Gioia Tauro geleë is, eerder as deur Nederlandse hawens.

“Ons word deur ’n nuwe toestroming in die dwelmmark in die gesig gestaar,” het ’n aanklaer, Giancarlo Capaldo, aan verslaggewers hier gesê.

“Dwelms het voorheen deur Noord-Europa beweeg, deur Nederlandse hawens. In dié geval het dwelmhandelaars ’n hawe in Kalabrië gebruik.”

Gioia Tauro is een van die grootste kommersiële hawens in Europa.Die dwelms was blykbaar vir Brittanje, Nederland en die Lombardye-streek in die noorde van Italië bestem.

Cagnazzo het gesê niemand is in hegtenis geneem nie.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: dwelms

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ernst sê... Dit lyk vir my of daar geen einde aan die die knegskap en jammer sê is nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.