Kokaïen tussen piesangs gevind
2010-04-15 04:04
Madrid – Die Spaanse polisie het 1,4 ton se kokaïen gevind wat tussen piesangs in kratte weggesteek was, wat vanaf Ecuador na Spanje vervoer is, het die polisie Woensdag aangekondig.
Die dwelms is tussen die vrugte gevind wat by twee winkels afgelewer is.
710kg is by ‘n winkel in Alicante, suidoostelike Spanje gevind en 715kg is in Seville, suidelike Spanje opgespoor.
- Sapa-AFP